Ag wat ‘n wonderlike Maandag. Glad nie blou nie, pienk, baie pink. Ek was bevoorreg om die naweek na Steve se “Dis hoe dit was” te gaan kyk. Die man bly maar ‘n pro. Uitstekend.
Nou wonder julle seker hoekom sê ek die Maandag is pink?. Net omdat ons so baie het om voor dankbaar te wees. Ek het ‘n mooi huis, mooi goed wat my omring, om op te som aan aardse goed ontbreek dit nie. My gesondheid is nou nie wat wonders nie, ek sukkel met rumatiek in die joints jy weet?. Maar die wonderlikste is die feit dat ons vanoggend die son kon sien skyn, voëltjies kon hoor sing. Ek kon my kat ‘n druk gee en my man goodbey soen. Ek het ‘n goeie werk en lieflike vriende. Wat meer kan ‘n mens vra.
Vandag gaan ek nie kla nie, nie oor ek my broek gebrand het toe ek dit gestryk het nie, ook nie oor die pyne en skete nie. Ek gaan glimlag want ek dink dis aansteeklik.