Posted by: chocolatekoek | September 26, 2007

Lentereëns, 70’s en matriekafskeid

Die eerste lentereën is op pad julle! Is dit nie wonderlik nie? Wanneer laas het jy in die reën gejol soos ‘n uitgelate kind. Ek onthou toe ons so standerd vyf was het, het die reën sulke riviertjies gemaak langs die pad. Ons het teen die berg gewoon en moes afrdaende met die teerpad af waarheen ons ook al wou gaan. Ons is nie oral heen aangery nie, ons moes die BMW gebruik (bene moet werk) Dit was wonderlik. Ek is ‘n seventy’s child. Gebore in die sestig, maar die sewentigs was my grootword jare. Dit is die be-invloed tyd, bell bottoms, houseparty’s, (sonder drugs) die ergste musiek was Queen en Elvis. Daar was nie goed soos sokkiejolle by die skole nie, nee ons het nog debat aande gehad, of operettes of konsert of selfs fliek in die skoolsaal, maar nie partytjies nie. Gits jong ons het dan nie eers ‘n matriek dans gehad nie, nee, dit was so stywe affêre, die tema het iets te doen gehad met ‘n skip, kan nie meer lekker onthou nie. Ons het ‘n afterparty gehad, by een van die onnies wie se dogter ook saam met ons in matriek was se huis. Ons mag nie boyfriends, of ander skole se kêrels saamgenooi het nie. Nou ja, omdat ek steady gegaaan het my ‘n ou wat nie in ons skool was nie, het ek nie ‘n date gehad nie? Is daar nog van julle wat so iets beleef het? ’Nou ja, die eerste lentereëns laat my dink aan daai tyd.


Leave a response

You must be logged in to post a comment.

Kategorië