Posted by: chocolatekoek | September 27, 2007

Blogging

Kyk ek was nog nooit iemand wat kon dagboek byhou nie. Nou het ek probeer blog, maar ek het nie tyd vir die goed nie.  So as ek ‘n maandelikse inskrywing maak sal dit vir my ‘n rekord wees. Daar is net te veel om te doen, en met al die ander ouense se interressante blogs, kan ek nie byhou nie.

 Kyk nou maar na gister se kommentare op SSSB. Die Louise en Flatter sage. Ai tog, persoonlik dink ek tog nie een van die twee het die regte ding gedoen nie. Altwee bietjie commin jy weet? Maar weet jy, ons elkeen het maar bietjie commin in ons. Dit is wat ons elkeen ‘n individu maak.  En kyk nou vandag vra Louise vir Flatter omverskoning. Dis darem baie eerbaar van haar. Ek sou die vrou in haar moer ingestuur het. So Louise ek haal my hoed vir jou af.

Persoonlik dink ek die Flatter girl is ‘n jongerige meisietjie wat nog in haar rebelse stadium is. Sy vloek ook bietjie te veel na my sin. Maar ek dink sy leer ook haar lesse op hierdie blok.  Ek glo nie ek kan klippe gooi nie, want ons bly almal in glashuise.

Nou ja, die naweek is hier en Pretoria is nat. More gaan ek DHDW kyk en ek is so bly. My man is glad nie ‘n Steve fan nie, maar ek is seker die show gaan hom bekeer.

Geniet die nawee julle!! 


Leave a response

You must be logged in to post a comment.

Kategorië