Posted by: chocolatekoek | September 27, 2007

Vreemde paaie

Ek het foto’s ontvang van vreemde paaie, ek weet nie waar dit is nie, as iemand weet laat my ook weet asseblief. (Ek moet net die flippen ding gepost kry)

So gepraat van vreemde paaie, daar is baie van ons wat anders gedroom het toe ons op skool was. Het jy ooit gedroom? Wat het jy gedroom? Doen jy vandag wat jy toe gedink het jy sou doen? As jy jou lewe kon oorhê, sou jy dieselfde keuses gemaak het?

Ek weet nie of ek nie dieselfde keuses gemaak het nie. My lewe het nie te sleg uitgedraai nie.  Ek is meeste van die tyd happy. Ek weet vir ‘n feit ek is baie beslis baie bevoorreg. Ek sou nie soos miljoene ander mense in hierdie land in ‘n plakkershut kon woon nie, jene ek sou nie eers op ‘n plaas sonder ‘n spoeltoilet en ‘n elektrise switch kon bly nie.


Leave a response

You must be logged in to post a comment.

Kategorië